Pragtige fynbos trou by Disa Kloof in die berge van Bettiesbaai. Die idee was om die natuurlike veld binne toe te bring. Alles binne het gepas by die natuurlike omgewing buite. Rou hout, kristal, kopper, sleepers, ou kant, vetplante, en fynbos was gekies om in te skakel by die natuurlike gevoel Baie kerse, glas en kopper het gesorg vir n ongelooflik atmosfeer die aand. Wat Elnie en Albert so spesiaal maak is hulle ongelooflike liefde vir mekaar en vir die Here. Mag julle liefde vir mekaar en vir die Here net aanhou groei daar in Amerika. Alles wat mooi is!
No comments:
Post a Comment