Wat n voorreg om julle troue te kon doen. Ons het dit baie geniet! Fynbos, vetplante, hout, bronze en pastel blomme het perfek ingepas by die asemrowende omgewing van Laatson, Porterville. Die ongelooflike natuurlike omgewing was die inspirasie om die mooi van buite binne toe te bring. Julle troue was besonders spesiaal en dit was wonderlik om julle te kon ontmoet. Alles wat mooi is vir die pad voorentoe. Mag God julle reiklik seen. Alle eer aan hom. Vindec Span xxx
Showing posts with label Karien Fotografie. Show all posts
Showing posts with label Karien Fotografie. Show all posts
Tuesday, 4 October 2016
Friday, 27 May 2016
Bernice & Jaco - Aurora
Pragtige mense! Pragtige dorp! Lekker Plaastroue! Gemaklike en huislik atmosfeer. Was bitter lekker om julle blomme en dekor te kon doen. Jy het ongelooflik gelyk. Mense met hulle voete plat op die aarde. Alles wat mooi is vir julle. Mag God julle ryklik seen!
Monday, 11 January 2016
Wesley & Karin, Porterville, Laat Son
Ek ken al vir Karin 27 jaar! Wonderlike vriendin en 'n meidie vir wie ons baie lief is. Wat 'n voorreg om hulle te kon help met hulle troue. Karin en Wesley se troue het uniek en eie aan hulle geskree! Die tema Bohemian/Moroccan. Groot verskeidenheid van helder glas met helder kleur blomme was gebruik om hierdie gevoel te skep. Verskeidenheid moroccan lanterns en gekleurde glas kershouers het 'n ongelooflike atmosfeer geskep in die aand! Wat 'n mooi prentjie toe Karin daar afgestap kom met die berg en natuur in die agtergrond, spierwit rok, bont ruiker, en blomme op vloer van "isle". Wow!!! Sy het ongelooflik gelyk. Pragtige seremonie onder 'n enorme wildevye boom, vol gehang met blomme en gekleurde bottels. Wat 'n hoendervleis oomblik toe Karin en Wesley die dansbaan open met Metallica se "Nothing Else Matters". Wat ook bitter mooi en opvallend was op die troue, is die ongelooflike liefde wat hulle twee vir mekaar het. Sjoe, julle ons het dit baie geniet! Hou aan doen wat julle doen, julle doen dit reg! Ons wens julle als wat mooi is vir die pad vorentoe. Dankie weereens dat ons julle kon help om julle tema van die troue te kon realiseer. Karin jy is eenvoudig net pragtig!
Subscribe to:
Posts (Atom)


