Ek ken al vir Karin 27 jaar! Wonderlike vriendin en 'n meidie vir wie ons baie lief is. Wat 'n voorreg om hulle te kon help met hulle troue. Karin en Wesley se troue het uniek en eie aan hulle geskree! Die tema Bohemian/Moroccan. Groot verskeidenheid van helder glas met helder kleur blomme was gebruik om hierdie gevoel te skep. Verskeidenheid moroccan lanterns en gekleurde glas kershouers het 'n ongelooflike atmosfeer geskep in die aand! Wat 'n mooi prentjie toe Karin daar afgestap kom met die berg en natuur in die agtergrond, spierwit rok, bont ruiker, en blomme op vloer van "isle". Wow!!! Sy het ongelooflik gelyk. Pragtige seremonie onder 'n enorme wildevye boom, vol gehang met blomme en gekleurde bottels. Wat 'n hoendervleis oomblik toe Karin en Wesley die dansbaan open met Metallica se "Nothing Else Matters". Wat ook bitter mooi en opvallend was op die troue, is die ongelooflike liefde wat hulle twee vir mekaar het. Sjoe, julle ons het dit baie geniet! Hou aan doen wat julle doen, julle doen dit reg! Ons wens julle als wat mooi is vir die pad vorentoe. Dankie weereens dat ons julle kon help om julle tema van die troue te kon realiseer. Karin jy is eenvoudig net pragtig!
No comments:
Post a Comment